Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 16:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hulle het lootjies getrek en hulle het vir die nageslag van Josef die grond gegee wat begin by die Jordaan-rivier naby Jerigo, oos van die Jerigo-fonteine. Die grens gaan van Jerigo deur die woestyn na die Bet-El-berge,

2. en van Bet-El na die stad Lus, en dan verby die grens van die Arkiete na die stad Atarot.

3. Daarna gaan die grens wes na die grens van die Jafletiete tot teen die grens van die stad Bet-Goron-Onder en die stad Geser, en dan tot teen die see.

4. Dit is die grond wat die nageslag van Josef, die stamme Manasse en Efraim, gekry het.

Lees volledige hoofstuk Josua 16