Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die stamme Ruben en Gad het saam met die halwe Manasse-stam hulle grond gekry wat Moses oos van die Jordaan-rivier vir hulle gegee het. Hulle het dit gekry toe Moses, die dienaar van die Here, dit vir hulle gegee het.

9. Dit is die land van die stad Aroër langs die Arnon-vallei, en die stad wat binne-in die Arnon-vallei is, en die hele Hoëveld van die stad Medeba tot by die stad Dibon,

10. al die stede van koning Sihon van die Amoriete tot teen die land van die Amoriete. Sihon was die koning in Gesbon.

11. Die stamme oos van die Jordaan-rivier het ook die hele land Gilead gekry en die grond van die mense van Gesur en Maäka, die hele Hermon-berg en die hele land Basan tot by die stad Salka.

12. Dit was die hele land van koning Og in Basan, hy was die koning in die stede Astarot en Edreï. Og was een van die Refaïete wat nog gelewe het. Moses het hierdie mense oorwin en weggejaag.

13. Maar die Israeliete het nie die mense van Gesur en Maäka weggejaag nie, hulle het aangehou om tussen die Israeliete te woon, en hulle is nou nog daar.

Lees volledige hoofstuk Josua 13