Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 2:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. Ek het afgesak tot by die voetvan die berge,diep onder in die see.Die aarde het my daar toegesluit,hy wou my altyd daar hou.Maar U, my God die Here,het my gered uit die dood.

7. “Ek was swak en amper dood,maar toe het ek aan U gedink, Here.Ek het tot U gebidin u gewyde tempel.

8. Afgode beteken niks,en die mense wat hulle aanbid,is die mense wat nie meeraan U dink nie,U wat vir hulle goed is.

9. Maar ek, ek wil my dankliedvir U offer.Ek wil doen wat ek belowe het.Die Here het my gered.”

10. Die Here het met die vis gepraat, en die vis het vir Jona uitgespoeg op die land.

Lees volledige hoofstuk Jona 2