Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 1:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met Jona gepraat. Jona was die seun van Amittai. Die Here het gesê:

2. “Jy moet gereedmaak, jy moet na die groot stad Nineve gaan. Jy moet met daardie mense gaan praat en vir hulle sê Ek sal hulle straf, want Ek het gesien hulle doen baie sonde.”

3. Jona het gereedgemaak, maar hy wou na die land Tarsis gaan. Hy wou wegvlug van die Here. Hy het eers na die stad Joppe gegaan. Daar was ’n skip wat na Tarsis sou gaan. Hy het betaal om saam te ry en hy het op die skip geklim. Hy wou saam met die ander mense na Tarsis gaan. Hy wou wegvlug van die Here.

4. Die Here het ’n baie sterk wind oor die see gestuur. Daar het ’n groot storm op die see gekom, en die skip het amper gebreek.

5. Die matrose op die skip het bang geword. Elkeen het tot sy god gebid en gevra sy god moet hom help. Die matrose het die goed wat op die skip was, afgegooi in die see om die skip ligter te maak. Maar Jona was onder in die skip. Hy het daar gaan lê en hy het aan die slaap geraak.

6. Die kaptein van die skip het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Hoekom slaap jy? Staan op, bid tot jou God. Miskien sal Hy aan ons dink, en dan sal ons nie sterf nie.”

Lees volledige hoofstuk Jona 1