Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 2:23-28 Bybel vir Almal (ABA)

23. En julle, mense van Jerusalem,julle moet juig,julle moet bly weesoor julle God die Here,want Hy gee vir julle reënop die regte tyd,Hy gee reën vroeg in die jaaren ook laat in die jaar,soos Hy voorheen gedoen het.

24. Die dorsvloeresal vol koring wees,daar sal baie wyn en olyf-oliein die parskuipe wees.

25. Die Here sê:“Ek het vier maal sprinkanena julle toe gestuur,die sprinkane was my soldateen hulle was baie.Maar nou sal ditweer goed gaan met julle.

26. Julle sal baie kos hê,meer as wat julle kan eet.Julle sal die Naamvan julle God die Here prys.Ek sal vir julle wonderwerke doen,en die ander volke sal my volknooit weer spot nie.

27. Julle sal weetdat Ek by die Israeliete is,Ek is julle God die Here,daar is nie ’n ander God nie.Die ander volke sal nooit weermy volk spot nie.”

28. Die Here sê:“Wanneer dit alles gebeur het,dan sal Ek my Geesgee vir al die mense.Julle seuns en julle dogterssal profete wees.Die ou mense en die jong mensesal droomen sien wat later sal gebeur.

Lees volledige hoofstuk Joël 2