Ou Testament

Nuwe Testament

Job 9:8-17 Bybel vir Almal (ABA)

8. Net Hy trek die hemel styf soos ’n tent,net Hy loop op die branders van die see.

9. Hy het die Beer en Orion gemaak,die Sewe-ster en die sterre wat suid in die lug is.

10. God doen groot dinge, mense verstaan dit nie,Hy doen so baie wonderwerkedat niemand dit kan tel nie.

11. Julle moet dit weet:Wanneer Hy by my verbygaan,dan kan ek Hom nie sien nie.Wanneer Hy verder loop,dan weet ek dit nie.

12. Ja, wanneer Hy iets wil wegvat,dan kan niemand Hom keer nie.Wie mag vir God vra: ‘Wat doen U nou?’

13. Hy hou nie op om kwaad te wees nie,almal wat vir Rahab wou help,moes buig voor Hom.

14. Hoe kan ek Hom antwoord?Wat moet ek sêwanneer ek met Hom praat?

15. Ek is onskuldig,maar ek kan Hom nie antwoord nie.Ek kan net bid dat Hy, my Regter, genadig sal wees vir my.

16. As ek geroep het, en Hy het my geantwoord,dan sal ek nie glo dat Hy luister na my nie.

17. Hy druk my stukkend met ’n stormwind,Hy hou aan om my seer te maak,maar ek het nie verkeerd gedoen nie.

Lees volledige hoofstuk Job 9