Ou Testament

Nuwe Testament

Job 9:25-31 Bybel vir Almal (ABA)

25. “Die dae van my lewe gaan vinniger verbyas iemand wat hardloop,hulle is verby voordat ek iets kon geniet.

26. Hulle gaan so vinnig verbysoos bote van biesies,soos ’n aasvoël wat afduik na sy kos.

27. Wanneer ek sê ek wil ophou om te kla,ek wil glimlag en vrolik wees,

28. dan word ek bang oor al my pyn,want ek weet U sal nie sê dat ek onskuldig is nie.

29. U sal sê ek is skuldig,hoekom sal ek dan aanhou probeer?Dit help my niks.

30. Wanneer ek my was met sneeuwater,wanneer ek my hande skoon was met seep,

31. dan sal God my weer in ’n moddergat gooi,en ek sal so vuil wees dat my klerenie aan my liggaam wil bly nie.

Lees volledige hoofstuk Job 9