Ou Testament

Nuwe Testament

Job 9:20-27 Bybel vir Almal (ABA)

20. Ek is onskuldig, maar alles wat ek sê,wys dat ek skuldig is.Ek het heeltemal reg gelewe,maar Hy sê ek is skuldig.

21. Ek het heeltemal reg gelewe,maar nou ken ek myself nie,ek is jammer dat ek lewe.

22. Dit is alles dieselfde,daarom sê ek:God verwoes almal,die mense wat reg gelewe hetén ook die mense wat verkeerdgelewe het.

23. Wanneer daar skielik’n slegte ding gebeur,dan sterf onskuldige mense,maar God lag daaroor.

24. Hy laat mense wat verkeerd doen,regeer oor die aarde.Hy keer sodat die regtersnie kan sien wat verkeerd is nie.As dit nie Gód is wat dit doen nie,wie doen dit?”

25. “Die dae van my lewe gaan vinniger verbyas iemand wat hardloop,hulle is verby voordat ek iets kon geniet.

26. Hulle gaan so vinnig verbysoos bote van biesies,soos ’n aasvoël wat afduik na sy kos.

27. Wanneer ek sê ek wil ophou om te kla,ek wil glimlag en vrolik wees,

Lees volledige hoofstuk Job 9