Ou Testament

Nuwe Testament

Job 9:14-22 Bybel vir Almal (ABA)

14. Hoe kan ek Hom antwoord?Wat moet ek sêwanneer ek met Hom praat?

15. Ek is onskuldig,maar ek kan Hom nie antwoord nie.Ek kan net bid dat Hy, my Regter, genadig sal wees vir my.

16. As ek geroep het, en Hy het my geantwoord,dan sal ek nie glo dat Hy luister na my nie.

17. Hy druk my stukkend met ’n stormwind,Hy hou aan om my seer te maak,maar ek het nie verkeerd gedoen nie.

18. Hy gee nie vir my tyd omweer asem te kry nie,Hy laat my meer en meer swaarkry.

19. Wanneer ons kyk wie is die sterkste,dan sien ons dat Hy die Een is wat sterk is.Wanneer ons kyk wie reg gedoen het,wie kan dan hof toe gaan met Hom?Niemand.

20. Ek is onskuldig, maar alles wat ek sê,wys dat ek skuldig is.Ek het heeltemal reg gelewe,maar Hy sê ek is skuldig.

21. Ek het heeltemal reg gelewe,maar nou ken ek myself nie,ek is jammer dat ek lewe.

22. Dit is alles dieselfde,daarom sê ek:God verwoes almal,die mense wat reg gelewe hetén ook die mense wat verkeerdgelewe het.

Lees volledige hoofstuk Job 9