Ou Testament

Nuwe Testament

Job 9:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Job het weer gepraat. Hy het gesê:

2. “Ja, ja ek weet dit is so.Hoe kan ’n mens regverdig wees voor God?

3. As iemand met God hof toe wil gaan,dan sal hy nie vir God kan antwoord nie,nie een maal nie,ook as God 1 000 vrae vir hom vra.

4. God het wysheid en Hy is baie sterk.Wie was opstandig teen Homen het geslaag?Niemand.

5. Hy skuif berge, en hulle weet dit nie,Hy gooi berge om wanneer Hy kwaad is.

6. Hy skud die aarde, dit bly nie waar dit is nie,en die pilare van die aarde bewe.

7. Wanneer Hy sê die son moet ophouom te skyn, dan hou dit op om te skyn.Hy laat ook die sterre stilstaan.

8. Net Hy trek die hemel styf soos ’n tent,net Hy loop op die branders van die see.

9. Hy het die Beer en Orion gemaak,die Sewe-ster en die sterre wat suid in die lug is.

10. God doen groot dinge, mense verstaan dit nie,Hy doen so baie wonderwerkedat niemand dit kan tel nie.

11. Julle moet dit weet:Wanneer Hy by my verbygaan,dan kan ek Hom nie sien nie.Wanneer Hy verder loop,dan weet ek dit nie.

Lees volledige hoofstuk Job 9