Ou Testament

Nuwe Testament

Job 7:8-18 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die oë wat my nou sien,sal my nie weer sien nie.Terwyl julle kyk na my,sal ek skielik nie meer daar wees nie.”

9. “’n Wolk word kleiner en dit verdwyn.So verdwyn iemand wat sterf,hy kom nie op uit die doderyk nie.

10. Hy kom nie terug na sy huis nie,die mense van sy woonplekonthou hom nie meer nie.

11. Daarom kan ek nie my mond houen stilbly nie,ek moet praat, want ek kry swaar.Ek moet kla, want dit gaan sleg met my.

12. Is ek regtig so gevaarlik soos die seeof soos ’n watermonster?Ek vra dit, want U staan wag by my.

13. Wanneer ek dink dat dit betersal gaan met my as ek op my bed gaan lê,en dat ek dan nie so sleg sal voel nie,

14. dan laat U my skrikvir die dinge wat ek droom,dan laat U my bang wordvir die dinge wat ek sienwanneer ek droom.

15. Dit sal vir my beter weeswanneer iemand my verwurg.Dit is beter vir my om dood te weesas om so te lewe.

16. Ek haat dit om so te lewe,ek wil nie aanhou lewe nie.U moet my los,my lewe is nie soos dit moet wees nie.

17. Hoekom is ’n mens vir U belangrik,hoekom dink U aan hom?

18. Hoekom kyk U elke dag wat hy doen,hoekom hou U aan om hom te toets?

Lees volledige hoofstuk Job 7