19. Hoekom kyk U nie weg van my nie,hoekom los U nie vir my nie?Gee vir my tyd sodat ek my spoeg kan insluk!
20. As ek sonde gedoen het,wat kan ek aan U doen,U wat aanhou kykwat ’n mens doen?Hoekom het U my geskiet,hoekom wil U my nie meer dra nie?
21. Hoekom vergewe U nie my sonde nie,hoekom vergeet U niedat ek verkeerd gedoen het nie?Ek sal nou in die stof gaan lê,ek sal sterf, en U sal my soek,maar ek sal nie daar wees nie.”