Ou Testament

Nuwe Testament

Job 7:15-21 Bybel vir Almal (ABA)

15. Dit sal vir my beter weeswanneer iemand my verwurg.Dit is beter vir my om dood te weesas om so te lewe.

16. Ek haat dit om so te lewe,ek wil nie aanhou lewe nie.U moet my los,my lewe is nie soos dit moet wees nie.

17. Hoekom is ’n mens vir U belangrik,hoekom dink U aan hom?

18. Hoekom kyk U elke dag wat hy doen,hoekom hou U aan om hom te toets?

19. Hoekom kyk U nie weg van my nie,hoekom los U nie vir my nie?Gee vir my tyd sodat ek my spoeg kan insluk!

20. As ek sonde gedoen het,wat kan ek aan U doen,U wat aanhou kykwat ’n mens doen?Hoekom het U my geskiet,hoekom wil U my nie meer dra nie?

21. Hoekom vergewe U nie my sonde nie,hoekom vergeet U niedat ek verkeerd gedoen het nie?Ek sal nou in die stof gaan lê,ek sal sterf, en U sal my soek,maar ek sal nie daar wees nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 7