Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5:14-22 Bybel vir Almal (ABA)

14. Dit word vir hulle donker wanneer dit dag is,in die middel van die dag voel hullewaar hulle moet loop.

15. Maar God red die mens wat niks het nie,Hy red hom van die mense wat hom beskuldig,Hy red hom van die mense wat sterker is as hy.

16. Daarom kan die arm mens weer begin hoop,en niemand kan verkeerde dinge doen aan hom nie.

17. “’n Mens is gelukkig wanneer God vir hom leer.Wanneer die Almagtige vir jouwil leer hoe om te lewe,dan moet jy luister.

18. Want God maak seer,maar Hy bind die seerplek weer toe,Hy slaan stukkend,maar Hy maak die stukkende plek weer gesond.

19. Hy sal jou elke maal weer red,Hy sal keer sodat niks sleg met jou gebeur nie.

20. Wanneer die kos min is,dan sal Hy keer sodat jy nie sterf nie.Wanneer daar oorlog is,dan sal hy keer sodat vyandenie vir jou doodmaak nie.

21. Hy sal jou beskerm wanneer mensesleg praat van jou,jy sal nie bang weeswanneer dit gevaarlik is nie.

22. Wanneer dit gevaarlik is,en daar is hongersnood,dan sal jy lag,jy sal nie bang wees vir die wilde diere nie.

Lees volledige hoofstuk Job 5