Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5:12-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. God maak die planne van skelm mensedeurmekaar,die dinge wat hulle doen, slaag nie.

13. Hy vang die slim mense met hulle eie skelm planne,Hy keer die planne van mense wat wil bedrieg.

14. Dit word vir hulle donker wanneer dit dag is,in die middel van die dag voel hullewaar hulle moet loop.

15. Maar God red die mens wat niks het nie,Hy red hom van die mense wat hom beskuldig,Hy red hom van die mense wat sterker is as hy.

16. Daarom kan die arm mens weer begin hoop,en niemand kan verkeerde dinge doen aan hom nie.

17. “’n Mens is gelukkig wanneer God vir hom leer.Wanneer die Almagtige vir jouwil leer hoe om te lewe,dan moet jy luister.

18. Want God maak seer,maar Hy bind die seerplek weer toe,Hy slaan stukkend,maar Hy maak die stukkende plek weer gesond.

19. Hy sal jou elke maal weer red,Hy sal keer sodat niks sleg met jou gebeur nie.

20. Wanneer die kos min is,dan sal Hy keer sodat jy nie sterf nie.Wanneer daar oorlog is,dan sal hy keer sodat vyandenie vir jou doodmaak nie.

Lees volledige hoofstuk Job 5