Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5:11-27 Bybel vir Almal (ABA)

11. Hy maak nederige mense belangrik,Hy laat dit weer goed gaanmet mense wat rou.

12. God maak die planne van skelm mensedeurmekaar,die dinge wat hulle doen, slaag nie.

13. Hy vang die slim mense met hulle eie skelm planne,Hy keer die planne van mense wat wil bedrieg.

14. Dit word vir hulle donker wanneer dit dag is,in die middel van die dag voel hullewaar hulle moet loop.

15. Maar God red die mens wat niks het nie,Hy red hom van die mense wat hom beskuldig,Hy red hom van die mense wat sterker is as hy.

16. Daarom kan die arm mens weer begin hoop,en niemand kan verkeerde dinge doen aan hom nie.

17. “’n Mens is gelukkig wanneer God vir hom leer.Wanneer die Almagtige vir jouwil leer hoe om te lewe,dan moet jy luister.

18. Want God maak seer,maar Hy bind die seerplek weer toe,Hy slaan stukkend,maar Hy maak die stukkende plek weer gesond.

19. Hy sal jou elke maal weer red,Hy sal keer sodat niks sleg met jou gebeur nie.

20. Wanneer die kos min is,dan sal Hy keer sodat jy nie sterf nie.Wanneer daar oorlog is,dan sal hy keer sodat vyandenie vir jou doodmaak nie.

21. Hy sal jou beskerm wanneer mensesleg praat van jou,jy sal nie bang weeswanneer dit gevaarlik is nie.

22. Wanneer dit gevaarlik is,en daar is hongersnood,dan sal jy lag,jy sal nie bang wees vir die wilde diere nie.

23. Die klippe in die veld sal jou nie seermaak nie,die wilde diere sal jou nie pla nie.

24. Jy sal weet dat jy veilig is in jou tent,jy sal sien dat niks weg is wanneer jyna jou weiveld kyk nie.

25. Jy sal weet dat jy ’n groot nageslag het,jou afstammelinge sal so baie weessoos die gras in die veld.

26. Jy sal sterf en in die graf komná ’n gelukkige lewe,jy sal soos ’n koring-gerfna die dorsvloer gaanwanneer dit die regte tyd is.

27. Dit is wat ons uitgevind het, dit is hoe dit is,jy moet luister en jy moet dit self weet.”

Lees volledige hoofstuk Job 5