Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Job, jy kan skree, maar niemandsal jou antwoord nie.Nie een van die engele sal willuister na jou nie.

2. ’n Dwaas, ’n dom mens,kla en hy word kwaad,maar dit laat hom sterf.

3. Ek het self gesien dat dit begin goed gaanmet ’n dwaas,maar dan het ek dadelik gesêdat dit sleg sal gaan met sy huisgesin.

4. Dit gaan nooit goedmet ’n dwaas se kinders nie,mense doen nie reg aan hulle nie,en daar is niemand wat hulle red nie.

5. Mense wat honger en dors is,eet die koring wat die dwaas afsny,hulle haal die koring uit tussen die dorings,hulle probeer alles vat wat die dwaas het.

6. Dit is nie die stof of die grondwat dit sleg laat gaan en wat menselaat swaarkry nie,

7. nee, mense word geboreom swaar te kry,hulle lewe is gou verby,dit is soos vuurvlamme wat gou verdwyn.

8. Maar ek? Ek sal bid tot Godwanneer dit sleg gaan met my,ek sal Hom vra om my te help.

9. Hy doen groot dinge wat onsnie kan verstaan nie,Hy doen wonderwerke,meer as wat ons kan tel.

10. Hy gee reën op die aarde,Hy laat die veld nat word daar buite.

11. Hy maak nederige mense belangrik,Hy laat dit weer goed gaanmet mense wat rou.

12. God maak die planne van skelm mensedeurmekaar,die dinge wat hulle doen, slaag nie.

Lees volledige hoofstuk Job 5