Ou Testament

Nuwe Testament

Job 41:4-15 Bybel vir Almal (ABA)

4. Niemand kan hom van voor aanvalen sy vel afslag nie,sy vel is soos ’n harnas.

5. Niemand kan sy kakebene oopmaak nie,almal is bang vir sy tande.

6. Die rye skubbe op sy ruglê vas teen mekaar,

7. so vas dat die wind niedaardeur kan waai nie.

8. Die skubbe is so vas teen mekaardat niemand hulle kan losmaakvan mekaar nie.

9. Wanneer die krokodil nies,dan lyk dit soos vuurvlamme,en sy oë is so rooisoos die son vroeg in die oggend.

10. Daar kom vuur uit sy bek,die vuurvlamme skiet uit sy bek.

11. Daar kom stoom uit sy neusgate,soos uit ’n pot wat kook.

12. Sy asem steek vuur aan die brand,daar kom vlamme uit sy bek.

13. Sy nek is baie sterk,almal skrik wanneer hulle hom sien.

14. Die sagste deel van sy liggaamis so hard soos metaal.

15. Hy is vir niks bang nie,sy hart is so hard soos klip,so hard soos die onderste maalklip.

Lees volledige hoofstuk Job 41