Ou Testament

Nuwe Testament

Job 41:20-25 Bybel vir Almal (ABA)

20. ’n Knopkierie kan niks doen aan hom nie,en hy lag wanneer mense spiese na hom gooi.

21. Die skubbe op sy pensis soos die stukkies van ’n kleipot,waar hy loop, daar lyk dit of iemand’n dors-slee oor die grond gesleep het.

22. Hy laat die diep water kook soos ’n pot,hy laat die water skuim soos ’n pot vol medisyne.

23. Wanneer ’n krokodil swem,dan lê daar ’n blink streep agter hom,dit lyk of daar skuim lê op die diep water.

24. Ook op die grond kan niemandhom wen nie, hy is vir niks bang nie.

25. Hy dink dat al die trotse diereminder belangrik is as hy,hy is hulle koning.”

Lees volledige hoofstuk Job 41