Ou Testament

Nuwe Testament

Job 41:12-24 Bybel vir Almal (ABA)

12. Sy asem steek vuur aan die brand,daar kom vlamme uit sy bek.

13. Sy nek is baie sterk,almal skrik wanneer hulle hom sien.

14. Die sagste deel van sy liggaamis so hard soos metaal.

15. Hy is vir niks bang nie,sy hart is so hard soos klip,so hard soos die onderste maalklip.

16. Wanneer hy opkom uit die water,dan skrik almal wat sterk is,hulle vlug wanneer hy die waterslaan met sy stert.

17. Dit help nie om hom te steekmet ’n swaard nie,ook nie met ’n spies of ’n pyl nie.

18. Yster en brons is vir hom soos kaf,soos vrot hout.

19. Hy vlug nie vir ’n pyl en boog nie,klippe uit ’n slingervel maak hom nie seer nie.

20. ’n Knopkierie kan niks doen aan hom nie,en hy lag wanneer mense spiese na hom gooi.

21. Die skubbe op sy pensis soos die stukkies van ’n kleipot,waar hy loop, daar lyk dit of iemand’n dors-slee oor die grond gesleep het.

22. Hy laat die diep water kook soos ’n pot,hy laat die water skuim soos ’n pot vol medisyne.

23. Wanneer ’n krokodil swem,dan lê daar ’n blink streep agter hom,dit lyk of daar skuim lê op die diep water.

24. Ook op die grond kan niemandhom wen nie, hy is vir niks bang nie.

Lees volledige hoofstuk Job 41