Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39:5-19 Bybel vir Almal (ABA)

5. Weet jy hoe lank ’n ooi die kleintjie draen wanneer sy die lammetjie moet kry?

6. Weet jy wanneer sy gaan lêom die kleintjie te kry?

7. Die kleintjies word gou grootin die veld,hulle gaan weg en kom nie terug nie.

8. Wie het gesê die wildedonkie mag vry wees,wie het hom gelos sodat hy kan loop waar hy wil?

9. Ek laat hom woon in die droë plekke,die sout-veld is sy woonplek.

10. Dit wildedonkie spot omdat dit soraas in die stad,hy hoor nie dat iemand vir hom skreeen hom jaag nie.

11. Hy soek sy kos in die berge,hy kyk waar al die groen plantjies is.”

12. “Sal die oer-os vir jou wil werk?Sal hy by jou krip kom slaap?

13. Kan jy hom vang met ’n tousodat hy jou ploeg kan trek?Kan jy hom lei sodat hy jou landsal omploeg?

14. Kan jy sy groot krag gebruiksodat hy jou swaar werk kan doen?

15. Dink jy hy sal ook nogjou koring na die dorsvloer bring?”

16. “’n Volstruis kan haar vlerke vrolik klap,maar sy kan nie vlieg soos ’n ooievaar nie.

17. ’n Volstruis lê haar eiers op die grond,sy broei hulle uit in die stof.

18. Sy dink nie daaraan dat wilde diereop die eiers kan trap en dit kan breek nie.

19. Sy is ’n wrede ma vir haar kleintjies,sy maak of hulle nie háár kleintjies is nie,sy is nie bekommerd as sydie eiers uitgebroei het,en as die kleintjies nie lewe nie.

Lees volledige hoofstuk Job 39