Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39:29-38 Bybel vir Almal (ABA)

29. “Het jy vir die valk geleerom hoog te vlieg,het jy vir hom geleer om sy vlerkeoop te maak en na die suide te vlieg?

30. Het jy vir die aasvoël gesê hy moet synes op ’n hoë plek gaan bou?

31. Sy nes is op die rotse,hy bly op die hoogste plekke van die berge.

32. Hy sit daar en kyk afom sy kos te soek,hy kan dit ver sien.

33. Die aasvoël kom waardooie liggame lê,en sy kleintjies vreet die rou vleis.”

34. Die Here het toe vir Job gesê:

35. “Jy wou die Almagtige beskuldig,jy wou vir God sê dat Hy verkeerdgedoen het.Nou moet jy antwoord.”

36. Job het toe vir die Here gesê:

37. “Ek weet nou dat ek niks beteken nie,wat kan ek antwoord?Ek sal niks sê nie.

38. Ek het probeer om te sêwat ek wou sê,ek het dit weer en weer gedoen,maar nou sal ek stilbly,ek sal nie antwoord nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 39