Ou Testament

Nuwe Testament

Job 38:9-20 Bybel vir Almal (ABA)

9. Dit was toe Ek wolke oor die see gesit hetsodat dit donker was oor die see.

10. Ek het ’n grens gemaak vir die see,Ek het deure met sluitbalke ingesit

11. en Ek het gesê: Jy mag tot hier kom,jy mag nie verder kom nie,hier moet jou branders breek.”

12. “Job, het jy in jou lewe vir die oggend gesêdat hy moet kom,het jy vir die dag gesêwanneer dit moet begin?

13. Het jy vir die oggendliggesê om die aarde te grypen die mense af te skudwat verkeerd doen?

14. Wanneer dit lig word,dan verander die aardesoos klei verander wanneer ’n mens ’n seëlop die klei druk.Die berge en die valleieis soos die voue in ’n bo-kleed.

15. Wanneer die nag verby is,dan kan die mense wat verkeerd doen,nie meer ander mense seermaaken doodmaak nie.

16. Job, was jy al by die fonteinwaar die see se water uitkom?Het jy al rondgeloop onder opdie diep plekke onder die groot see?

17. Het jy die poorte van die doderyk gesien,die poorte van die donker plek?

18. Weet jy hoe groot die aarde is?Sê vir My, as jy dit weet.

19. Weet jy waar die ligen die donker woon,ken jy die pad daarnatoe?

20. Kan jy die lig en die donkerneem waar hulle moet wees?Kan jy hulle terugneem na hulle plek?

Lees volledige hoofstuk Job 38