Ou Testament

Nuwe Testament

Job 38:30-38 Bybel vir Almal (ABA)

30. Dan word die water so hard soos klip,en dit ys op die groot see.”

31. “Kan jy die Sewe-ster vasbindof Orion se belt losmaak?

32. Kan jy die sterre op die regte tyd laat uitkom,kan jy die Beer en die ander sterre by hom lei?

33. Weet jy wat is die reëls wat Ekvir die sterre in die lug gegee het?Kan jy sê die aarde moet dieselfde doen?

34. Kan jy met die wolke praat en sêhulle moet dit laat reën op jou?

35. Kan jy die weerlig na jou toe laat komen sal hy dan gaan waarnatoe jy hom stuur?”

36. “Wie gee vir die ibis die verstandom te waarsku wanneer die Nyl-rivierse water oor die walle vloei?Wie maak die haan so slimdat hy kan sê wanneer die oggend kom?

37. Wie is so slim dat hy die wolke kan tel,die watersakke in die lug?Wie kan die reën uit die wolke gooi

38. wanneer die grond hard en droog is?”

Lees volledige hoofstuk Job 38