Ou Testament

Nuwe Testament

Job 38:22-35 Bybel vir Almal (ABA)

22. “Was jy by die plek waar Ekdie sneeu en die hael bêre,het jy dit gesien?

23. Ek bêre die sneeu en die haelvir die tyd wanneer Ek wil oorlog maak.

24. Job, weet jy van waar die lig begin skynen waar die oostewind oor die aardebegin waai?

25. Wie het vir die reën en die donderweer’n pad gemaak

26. sodat dit kan reën op ’n plekwaar daar nie mense is nieen in die woestyn waar niemandwoon nie?

27. Wanneer dit reën,dan word die droogste plekke nat,en gras begin daar groei.

28. Wie maak die reën en die dou?

29. Wie laat dit ys en ryp?

30. Dan word die water so hard soos klip,en dit ys op die groot see.”

31. “Kan jy die Sewe-ster vasbindof Orion se belt losmaak?

32. Kan jy die sterre op die regte tyd laat uitkom,kan jy die Beer en die ander sterre by hom lei?

33. Weet jy wat is die reëls wat Ekvir die sterre in die lug gegee het?Kan jy sê die aarde moet dieselfde doen?

34. Kan jy met die wolke praat en sêhulle moet dit laat reën op jou?

35. Kan jy die weerlig na jou toe laat komen sal hy dan gaan waarnatoe jy hom stuur?”

Lees volledige hoofstuk Job 38