Ou Testament

Nuwe Testament

Job 38:16-21 Bybel vir Almal (ABA)

16. Job, was jy al by die fonteinwaar die see se water uitkom?Het jy al rondgeloop onder opdie diep plekke onder die groot see?

17. Het jy die poorte van die doderyk gesien,die poorte van die donker plek?

18. Weet jy hoe groot die aarde is?Sê vir My, as jy dit weet.

19. Weet jy waar die ligen die donker woon,ken jy die pad daarnatoe?

20. Kan jy die lig en die donkerneem waar hulle moet wees?Kan jy hulle terugneem na hulle plek?

21. Job, was jy daar toe Ekdie wêreld gemaak het,is jy so oud?”

Lees volledige hoofstuk Job 38