Ou Testament

Nuwe Testament

Job 38:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met Job gepraat. Die Here was in ’n stormwind, en Hy het gesê:

2. “Job, wie is jy?Dink jy dat jykan sê Ek besluit verkeerd?Jy weet nie wat jy praat nie.

3. Jy moet gereedmaak,jy moenie bang wees nie.Ek sal vra, en jy moet my antwoord.”

4. “Waar was jy toe Ek die aardeop sy fondamente gesit het?Sê vir my as jy so baie weet.

5. Wie het ’n maatlyn styfgetrek en gemeethoe groot die aarde moet wees?Weet jy?

6. Waarop staan die voetstukke van die pilarevan die aarde?Wie het die hoek-klip onder die aarde gesit?

7. Daardie dag het al die môre-sterre gesingen almal in die hemel het gejuig.

8. Wie het deure ingesit en die see toegesluittoe die water oor die aarde begin vloei het?

9. Dit was toe Ek wolke oor die see gesit hetsodat dit donker was oor die see.

10. Ek het ’n grens gemaak vir die see,Ek het deure met sluitbalke ingesit

11. en Ek het gesê: Jy mag tot hier kom,jy mag nie verder kom nie,hier moet jou branders breek.”

12. “Job, het jy in jou lewe vir die oggend gesêdat hy moet kom,het jy vir die dag gesêwanneer dit moet begin?

13. Het jy vir die oggendliggesê om die aarde te grypen die mense af te skudwat verkeerd doen?

14. Wanneer dit lig word,dan verander die aardesoos klei verander wanneer ’n mens ’n seëlop die klei druk.Die berge en die valleieis soos die voue in ’n bo-kleed.

Lees volledige hoofstuk Job 38