Ou Testament

Nuwe Testament

Job 37:2-13 Bybel vir Almal (ABA)

2. Luister goed na die stem van God,hoor hoe raas en dreun dit!

3. Hy stuur die weerlig oral deur die lug,dit slaan oor die hele aarde.

4. En dan raas en dreun die donderweer,God praat met sy harde stem,en die donderweer hou aan om te raasterwyl Hy, die Koning, praat.

5. God doen wonderlike dingewanneer Hy sy stem laat raas,Hy doen groot dinge,dinge wat ons nie verstaan nie.

6. Hy sê vir die sneeu:‘Val op die aarde!’en Hy sê vir die reën:‘Maak die grond goed nat!’

7. Hy laat al die mense ophou werksodat hulle kan sien wat Hy doen.

8. Die diere gaan lêen hulle bly in hulle lêplek.

9. Die stormwind kom uit die suide,die koue winde kom uit die noorde.

10. Die wind wat God stuur,laat die water vries,dit word een stuk ys.

11. God maak die wolke vol water,die weerlig slaan in die wolke.

12. Die wolke draai om en omwanneer God so besluit,hulle doen wat Hy sê,oral op die aarde.

13. God stuur die stormsom mense te straf of omvir die aarde te sorgof om te doen wat Hybelowe het.

Lees volledige hoofstuk Job 37