Ou Testament

Nuwe Testament

Job 37:11-20 Bybel vir Almal (ABA)

11. God maak die wolke vol water,die weerlig slaan in die wolke.

12. Die wolke draai om en omwanneer God so besluit,hulle doen wat Hy sê,oral op die aarde.

13. God stuur die stormsom mense te straf of omvir die aarde te sorgof om te doen wat Hybelowe het.

14. Job, jy moet luister nawat ek sê,jy moet stilstaan en dinkoor die wonderwerke van God.

15. Weet jy hoe God dit alles doen?Weet jy hoe Hy die weerlig uit die wolkelaat slaan?

16. Weet jy hoe die wolke bymekaarkom?Dit is God wat hierdie wonderlike dingelaat gebeur,God wat alles weet.

17. Job, jou klere word baie warmwanneer die warm oostewind waai.

18. Jy kan nie die hemeldak maak nie,die hemeldak wat so hard is soos’n spieël van metaal.

19. Wil jy nou vir ons leer wat onsvir God moet sê?Ons weet nie wat om te sê nie,ons is baie dom.

20. Niemand moet vir God sêdat ek wil praat nie.Ek wil nie hê dat Hy my moetlaat sterf nie.

Lees volledige hoofstuk Job 37