Ou Testament

Nuwe Testament

Job 37:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die storm laat my hart bewe,ek skrik en ek ruk.

2. Luister goed na die stem van God,hoor hoe raas en dreun dit!

3. Hy stuur die weerlig oral deur die lug,dit slaan oor die hele aarde.

4. En dan raas en dreun die donderweer,God praat met sy harde stem,en die donderweer hou aan om te raasterwyl Hy, die Koning, praat.

5. God doen wonderlike dingewanneer Hy sy stem laat raas,Hy doen groot dinge,dinge wat ons nie verstaan nie.

6. Hy sê vir die sneeu:‘Val op die aarde!’en Hy sê vir die reën:‘Maak die grond goed nat!’

Lees volledige hoofstuk Job 37