Ou Testament

Nuwe Testament

Job 35:8-11 Bybel vir Almal (ABA)

8. Wanneer jy verkeerd doen,dan is dit ménse wat swaarkry,mense soos jy.En wanneer jy reg doen, dan doen jy dit aan ménse.

9. Wanneer iemand ander mense verdruk,dan skree hulle en hulle vra dat iemand moet help.Hulle roep en vra dat iemand hulle moet helpteen mense wat sterker is as hulle.

10. Maar hulle vra nie vir God om hulle te help nie,God wat hulle gemaak het en wat hulle laat singook wanneer dit donker is om hulle.

11. God leer vir ons meer as vir die diere,Hy maak ons slimmer as die voëls,ons verstaan beter.

Lees volledige hoofstuk Job 35