Ou Testament

Nuwe Testament

Job 35:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ek sal jou antwoord,en ek sal ook jou vriende saammet jou antwoord.

5. Kyk op in die lug, kyk goed,kyk na die wolke hoog bokant jou.

6. As jy sonde gedoen het,wat kan dit aan God doen?As jy aangehou het om verkeerd te doen,wat doen dit aan Hom?

7. Of as jy nie verkeerd gedoen het nie,wat doen jy vir God, wat kry Hy van jou?

8. Wanneer jy verkeerd doen,dan is dit ménse wat swaarkry,mense soos jy.En wanneer jy reg doen, dan doen jy dit aan ménse.

9. Wanneer iemand ander mense verdruk,dan skree hulle en hulle vra dat iemand moet help.Hulle roep en vra dat iemand hulle moet helpteen mense wat sterker is as hulle.

Lees volledige hoofstuk Job 35