Ou Testament

Nuwe Testament

Job 35:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Elihu het nóg gepraat en hy het gesê:

2. “Job, dink jy dit is regdat God moet sê jy is onskuldig?

3. Nee, jy vra vir God: ‘Wat sal U vir my doen?Help dit vir my dat ek nie sonde gedoen het nie?’

4. Ek sal jou antwoord,en ek sal ook jou vriende saammet jou antwoord.

5. Kyk op in die lug, kyk goed,kyk na die wolke hoog bokant jou.

6. As jy sonde gedoen het,wat kan dit aan God doen?As jy aangehou het om verkeerd te doen,wat doen dit aan Hom?

7. Of as jy nie verkeerd gedoen het nie,wat doen jy vir God, wat kry Hy van jou?

8. Wanneer jy verkeerd doen,dan is dit ménse wat swaarkry,mense soos jy.En wanneer jy reg doen, dan doen jy dit aan ménse.

Lees volledige hoofstuk Job 35