Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:20-29-30 Bybel vir Almal (ABA)

20. Elke mens sterf wanneer God so besluit.Mense skrik groot in die middel van die nag,hulle sterf, hulle is miskien belangrike mense,maar hulle sterf maklik.

21. God sien alles wat ’n mens doen,Hy sien elke tree wat ’n mens gee.

22. Mense wat slegte dinge doen,kan probeer om weg te kruipin donker plekke,maar God kan ook dáár vir hulle sien.

23. Ja, God kyk net een maal na ’n menswanneer die mens moet komsodat God hom kan oordeel.

24. God weet klaar,Hy sal nie eers kyk en luisterwanneer Hy belangrike mense vernederen ander mense in hulle plekkies en aanstel nie.

25. Nee, Hy weet alles wat hulle doen,en Hy verander alles in een nag,Hy breek hulle.

26. Hy straf hulle op die plekwaar Hy die mense straf watverkeerd doenen waar almal dit sien.

27. Hy doen dit omdat hulle opgehou hetom Hom te dien,en omdat hulle nie woudoen wat Hy wil hê nie.

28. Dit is hoekom die arm mense geskree heten gevra het dat God hulle moet help.God het gehoor hoe skree die mensewat hulleself nie kan help nie.

29-30. As Hy stilbly en nie help nie,dan kan niemand sê dat Hy verkeerddoen nie.As Hy wegkyk, dan kan niemandvra dat Hy moet help nie.Hy laat mense regeer wat Hom nie dien nie,hulle vang volke en mense in hulle vangnette.

Lees volledige hoofstuk Job 34