Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:2-9 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Julle is die wyse mense,maar julle moet luister na my,julle weet alles,maar julle moet hoor wat ek sê.

3. Ore moet hoor wat woorde beteken,tonge moet proe hoe kos smaak.

4. Kom ons besluit wat reg is,ons moet weet wat die beste is.

5. Want Job het gesê:‘Ek is onskuldig,maar God het nie reg gedoenaan my nie.

6. Ek is reg,ek kan nie daaroor lieg nie,ek het nie verkeerd gedoen nie,maar ek sterf van my seerplekke.’

7. Watter soort mens is Job?Hoekom hou hy aan om vir God te spot?

8. Hy is vriende met mensewat slegte dinge doen,hy doen dieselfde dingewat mense doen wat verkeerd lewe.

9. Want hy het gesê dit help nieom te doen wat God wil hê nie.

Lees volledige hoofstuk Job 34