Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:18-24 Bybel vir Almal (ABA)

18. God sê vir konings en belangrike mensedat hulle sleg is en verkeerd doen.

19. Hy sê nie altyd dat net die leiers reg is nie,Hy doen nie méér vir ryk menseas vir arm mense nie,want Hy het hulle almal gemaak.

20. Elke mens sterf wanneer God so besluit.Mense skrik groot in die middel van die nag,hulle sterf, hulle is miskien belangrike mense,maar hulle sterf maklik.

21. God sien alles wat ’n mens doen,Hy sien elke tree wat ’n mens gee.

22. Mense wat slegte dinge doen,kan probeer om weg te kruipin donker plekke,maar God kan ook dáár vir hulle sien.

23. Ja, God kyk net een maal na ’n menswanneer die mens moet komsodat God hom kan oordeel.

24. God weet klaar,Hy sal nie eers kyk en luisterwanneer Hy belangrike mense vernederen ander mense in hulle plekkies en aanstel nie.

Lees volledige hoofstuk Job 34