Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:11-22 Bybel vir Almal (ABA)

11. Nee, God gee vir elke menswat hy moet kry.God kyk hoe elke mens gelewe het,en dan gee God vir homwat hy daarvoor moet kry.

12. En ook, God doen nie verkeerd nie,Hy oordeel altyd reg, dit is seker.

13. God regeer oor die aarde,niemand het gesê Hy moet dit doen nie.Die hele wêreld behoort aan Hom,niemand het dit vir Hom gegee nie.

14. As Hy besluit om die lewevan ’n mens terug te neem,die asem wat Hy gegee het,

15. dan sal alles wat lewe, saam sterf,al die mense sal weer stof word.

16. Job, as jy verstaan wat ek vir jou sê,dan moet jy luister.

17. Dink jy regtig dat God kan regeeras Hy nie daarvan hou om reg te doen nie?Dink jy dat God verkeerd gedoen het,God wat sterk en regverdig is?

18. God sê vir konings en belangrike mensedat hulle sleg is en verkeerd doen.

19. Hy sê nie altyd dat net die leiers reg is nie,Hy doen nie méér vir ryk menseas vir arm mense nie,want Hy het hulle almal gemaak.

20. Elke mens sterf wanneer God so besluit.Mense skrik groot in die middel van die nag,hulle sterf, hulle is miskien belangrike mense,maar hulle sterf maklik.

21. God sien alles wat ’n mens doen,Hy sien elke tree wat ’n mens gee.

22. Mense wat slegte dinge doen,kan probeer om weg te kruipin donker plekke,maar God kan ook dáár vir hulle sien.

Lees volledige hoofstuk Job 34