Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:10-16 Bybel vir Almal (ABA)

10. Julle slim mense,julle moet luister na my.God doen nie verkeerd nie,die Almagtige doen nikswat sleg is nie.

11. Nee, God gee vir elke menswat hy moet kry.God kyk hoe elke mens gelewe het,en dan gee God vir homwat hy daarvoor moet kry.

12. En ook, God doen nie verkeerd nie,Hy oordeel altyd reg, dit is seker.

13. God regeer oor die aarde,niemand het gesê Hy moet dit doen nie.Die hele wêreld behoort aan Hom,niemand het dit vir Hom gegee nie.

14. As Hy besluit om die lewevan ’n mens terug te neem,die asem wat Hy gegee het,

15. dan sal alles wat lewe, saam sterf,al die mense sal weer stof word.

16. Job, as jy verstaan wat ek vir jou sê,dan moet jy luister.

Lees volledige hoofstuk Job 34