Ou Testament

Nuwe Testament

Job 33:1-15 Bybel vir Almal (ABA)

1. Maar, Job, jy moet nouluister na my,jy moet alles hoor wat ek sê.

2. Kyk goed,ek maak my mond oop,die tong in my mond praat.

3. Ek sal baie eerlik wees,ek sal duidelik sê wat ek weet.

4. God die Almagtige het my gemaak,Hy het vir my lewe gegee,Hy het asem gegee wat my laat lewe.

5. Job, jy moet my antwoord as jy kan,jy moet gereedmaak om te praat.

6. Kyk, wanneer ons saamvoor God staan,dan is ek dieselfde soos jy,Hy het my ook van klei gemaak.

7. Daarom, jy moenie bang wees vir my nie,ek sal dit nie vir jou baie moeilik maak nie.

8. Ek het goed gehoor wat jy sê,ek kan jou woorde nou nog onthou.

9. Jy het gesê: ‘Ek is onskuldig,ek het niks verkeerd gedoen nie,my hande is skoon,ek het nie sonde gedoen nie.

10. Maar God is téén my,Hy maak of ek sy vyand is.

11. Hy sit my voete in ’n blok,Hy sien alles raak wat ek doen.’

12. Maar Job, ek sê vir jou:Jy is verkeerd wanneer jy dit sê.God is groot,’n mens kan nie met Hom stry nie.

13. Hoekom beskuldig jy vir God?Hoekom sê jy dat Hy niewil antwoord nie?

14. Want God praat weer en weer,maar mense luister nie.

15. God praat in die nag,wanneer mense vas slaap,Hy wys vir hulle dingewanneer hulle droom.

Lees volledige hoofstuk Job 33