Ou Testament

Nuwe Testament

Job 32:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek het gedink ouer mense moet eerste praat,want hulle weet wat wysheid is.

8. Maar nee, dit is die gees in ’n mens,die gees wat die Almagtige gee,wat ’n mens verstandig maak.

9. ’n Mens kry wysheid nie netomdat jy oud geword het nie,’n mens weet wat reg isnie net omdat jy ’n oumens is nie.

10. Daarom sê ek: Luister na my,ek wil ook sê wat ek weet.

11. Onthou, ek het gesê ek het gewagtotdat julle eerste gepraat het,ek het geluister na die slim dingewat julle gesê hetterwyl julle gesoek hetna die regte woorde.

Lees volledige hoofstuk Job 32