Ou Testament

Nuwe Testament

Job 32:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Elihu wou nie dadelik met Job praat nie, want die drie vriende was ouer as hy.

5. Maar toe hy sien dat die drie vriende nie vir Job kan antwoord nie, het hy kwaad geword.

6. Elihu seun van Barakel, van die nageslag van Bus, het begin praat en hy het gesê:“Ek is jonk, en julle is oud,daarom het ek gewag, ek was bangom vir julle te sê wat ek weet.

7. Ek het gedink ouer mense moet eerste praat,want hulle weet wat wysheid is.

8. Maar nee, dit is die gees in ’n mens,die gees wat die Almagtige gee,wat ’n mens verstandig maak.

Lees volledige hoofstuk Job 32