Ou Testament

Nuwe Testament

Job 32:15-22 Bybel vir Almal (ABA)

15. Job, jou vriende weet nie meerwat om te sê nie, hulle is deurmekaar.

16. Maar ek sal nie langer wag nie,want hulle sê niks, hulle staan net daar,hulle praat nie meer met jou nie.

17. Nou wil ek ook iets doen,ek wil sê wat ek weet.

18. Want ek het baiewat ek wil sê,ek kan nie stilbly nie.

19. Ja, ek voel soos ’n wynsakwat wil bars, die woordewaaraan ek dink,is so baie.

20. Ek moet praat,dan sal ek beter voel,ek sal sê wat ek wil sê.

21. Ek wil nie téén een mens weesen ’n ander mens kies nie,ek wil niemand te veel prys nie.

22. Ek prys nie graag mense nie,en wanneer ek dit doen,dan sal God my dadelik straf,God wat my gemaak het.

Lees volledige hoofstuk Job 32