Ou Testament

Nuwe Testament

Job 32:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die drie manne het opgehou om met Job te praat, want hy het aangehou sê dat hy onskuldig is.

2. Maar toe het Elihu kwaad geword vir Job. Elihu was die seun van Barakel. Barakel was van die Ram-familie, van die nageslag van Bus. Elihu het kwaad geword omdat Job gesê het hý is reg en God is verkeerd.

3. Elihu was ook kwaad vir Job se drie vriende omdat hulle nie geweet het wat om vir Job te antwoord nie. Hulle het net gesê dat Job verkeerd gedoen het.

4. Elihu wou nie dadelik met Job praat nie, want die drie vriende was ouer as hy.

5. Maar toe hy sien dat die drie vriende nie vir Job kan antwoord nie, het hy kwaad geword.

6. Elihu seun van Barakel, van die nageslag van Bus, het begin praat en hy het gesê:“Ek is jonk, en julle is oud,daarom het ek gewag, ek was bangom vir julle te sê wat ek weet.

7. Ek het gedink ouer mense moet eerste praat,want hulle weet wat wysheid is.

Lees volledige hoofstuk Job 32