Ou Testament

Nuwe Testament

Job 31:11-18 Bybel vir Almal (ABA)

11. want dan het ek iets gedoenwat baie verkeerd is,en dan moet die Regter my straf.

12. Dit sal vir my weessoos ’n vuur wat brandtot in die onderwêreld,’n vuur wat alles verbrand wat ek het.

13. Ek het altyd reg gedoenaan ’n slaaf of slavinwanneer een van hulle my beskuldig het.

14. As ek nie reg gedoen het aan hulle nie,wat sal ek doen wanneer God my oordeel?Wat sal ek kan antwoord wanneer Hy vrawat ek gedoen het?Niks.

15. Hy het my gemaaken Hy het ook my slawe gemaak.Dieselfde God het ons gemaak.

16. Wanneer arm mense iets wou hê,dan het ek nie nee gesê nie,en ek het nie ’n weduwee honger laat bly nie.

17. Ek het nie my kos alleen geëet nie,ek het vir weeskinders ook van my kos gegee.

18. Ja, ek was altyd soos ’n pa vir weeskindersen ek het weduwees altyd gehelp.

Lees volledige hoofstuk Job 31