Ou Testament

Nuwe Testament

Job 29:7-13 Bybel vir Almal (ABA)

7. Wanneer ek na die poort van die stad gegaan heten op die oop stuk grond gaan sit het,

8. dan het die jongmans’n entjie weg gaan staan,en die ou mans het opgestaanen bly staan.

9. Die leiers het stilgebly en hulle hetnie meer gepraat nie.

10. Die belangrike mense hetopgehou praat en hulle hetnie weer iets gesê nie.”

11. “Mense wat my gehoor en gesien het,het my gelukgewens en hulle het goeie dingeoor my gesê.

12. Dit was omdat ek mense gered hetwat hulleself nie kon help nie,mense wat gevra het dat ek hulle moet help.En ek het ook weeskinders gehelpwat niemand gehad hetom hulle te help nie.

13. Mense wat naby die dood was, het my geseën,en weduwees was bly oor wat ek vir hulle gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Job 29