Ou Testament

Nuwe Testament

Job 29:15-25 Bybel vir Almal (ABA)

15. Ek het blinde mense geleien ek het mense wat kreupel is,gehelp om te loop.

16. Ek was soos ’n pa vir arm mense,ek het mense gehelp wanneer hullevoor die hof moes kom,mense wat ek nie geken het nie.

17. Ek het gekeer wanneer slegte mensewreed was en wanneer hulle slegtedinge gedoen het aan ander mense.

18. Ek het gedink ek sal lank leween gelukkig sterf,

19. ek het gedink ek sal wees soos ’n boomwanneer sy wortels naby die water is,elke môre is daar dou op sy takke.”

20. “Mense het my altyd gerespekteer,en ek het elke dag nuwe krag gekry.

21. Hulle het graag geluister na myen hulle het gewag dat ek vir hullesê wat hulle moet doen.

22. Wanneer ek klaar gepraat het,dan was hulle tevrede,my woorde was vir hullesoos druppels reën.

23. Hulle het gewag dat ek moet praat,soos hulle gewag het dat dit moet reën,my woorde was vir hulle so welkomsoos die laat reën.

24. Ek was vriendelik met hulle toe hullegedink het ek sal nie vriendelik wees nie.My vrolike gesig het hulle bemoedig.

25. Ek was hulle leier en hulle hoof,ek was soos ’n koning by sy leër,soos iemand wat mense bemoedig,mense wat huil en treur.”

Lees volledige hoofstuk Job 29