Ou Testament

Nuwe Testament

Job 28:20-28 Bybel vir Almal (ABA)

20. Maar die wysheid, van waar kom dit?Waar kan jy leer om verstandig te wees?

21. Niks wat lewe, kan die wysheid sien nie,ook nie die voëls in die lug nie.

22. Die onderwêreld en die dood sê:‘Ons het net gehoordat mense praat van die wysheid,maar ons het dit nie gekry nie.’

23. Net God weetwaar ’n mens wysheid kan kry,net Hy weet waar dit is,

24. want Hy sien tot waar die aarde ophou,Hy sien alles onder die hemeldak.

25. Toe God besluit het hoe sterkdie wind moet weesen hoeveel water daarin die wolke moet wees,

26. toe Hy besluit het waardie reën moet valen waarnatoe die donderstormmoet gaan,

27. toe het Hy die wysheid gesienen Hy het daaroor gepraat,Hy het gesê hoe dit moet wees,en Hy het nog meer gedoen,Hy het die wysheid ook getoets.

28. En toe het Hy vir die mense gesê:Wysheid is om die Here te respekteeren te dien.As jy verstandig wil wees, dan moet jy nieverkeerd doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 28