Ou Testament

Nuwe Testament

Job 28:2-22 Bybel vir Almal (ABA)

2. Hulle haal yster uit die gronden hulle smelt koper uit klip.

3. Hulle maak lig waar dit donker is,hulle soek klippe oral waar hulle kan,hulle soek tot in die donkerste diep plekke.

4. Hulle grawe slote ver weg van waarmense woon,mense wat verbykom, weet nie van hulle nie,en waar hulle aan toue hang en swaai,is daar nie ander mense nie.

5. Kos groei uit die aarde bo hulle,maar onder die aarde verwoes hulle alles,dit lyk of daar ’n vuur was.

6. Daar is saffier in die rotse van die aardeen daar is goud in die stof.

7. Die arend ken nie daardie pad nie,en die valk sien dit nie.

8. Die trotse wilde diere loop nie daar nie,die leeu loop nie daar verby nie.

9. Die mense kap die harde rotsen hulle grawe diep onder die berge.

10. Hulle kap slote in die rotseen hulle soek alles wat kosbaar is.

11. Hulle maak die plekke toewaar daar water uitkomen hulle kry dinge, niemand hetvoorheen daarvan geweet nie.

12. Maar die wysheid, waar kry ’n mens dit?Waar kan jy leer om verstandig te wees?

13. Mense weet nie hoe kosbaar die wysheid is nie,en jy sal dit nie in hierdie wêreld kry nie.

14. Die diep water sê:‘Die wysheid is nie in my nie,’die see sê: ‘Die wysheid is nie by my nie.’

15. Jy kan nie wysheid koop nie,ook nie met goud nie,jy sal nie kan weeg hoeveel silwerdit sal kos nie.

16. Jy kan nie daarvoor betaal met goud uit Ofir,of met kosbare oniks en saffier nie.

17. Goud en glas sal nooit genoeg kan wees nie,jy kan nie wysheid ruil vir goue juwele nie.

18. En koraal of kristalsal ook nie genoeg wees nie,en ook nie pêrels nie,wysheid is baie meer kosbaar as dit alles.

19. Topaas uit die land Kusof die skoonste goudsal nie genoeg wees nie,jy kan nie daarmeebetaal vir wysheid nie.

20. Maar die wysheid, van waar kom dit?Waar kan jy leer om verstandig te wees?

21. Niks wat lewe, kan die wysheid sien nie,ook nie die voëls in die lug nie.

22. Die onderwêreld en die dood sê:‘Ons het net gehoordat mense praat van die wysheid,maar ons het dit nie gekry nie.’

Lees volledige hoofstuk Job 28