Ou Testament

Nuwe Testament

Job 28:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Job het gesê:“Dit is waar: Daar is ’n plekwaar mense silwer kan kry,en daar is ’n plekwaar hulle goud kan uitgrawe.

2. Hulle haal yster uit die gronden hulle smelt koper uit klip.

3. Hulle maak lig waar dit donker is,hulle soek klippe oral waar hulle kan,hulle soek tot in die donkerste diep plekke.

4. Hulle grawe slote ver weg van waarmense woon,mense wat verbykom, weet nie van hulle nie,en waar hulle aan toue hang en swaai,is daar nie ander mense nie.

5. Kos groei uit die aarde bo hulle,maar onder die aarde verwoes hulle alles,dit lyk of daar ’n vuur was.

6. Daar is saffier in die rotse van die aardeen daar is goud in die stof.

7. Die arend ken nie daardie pad nie,en die valk sien dit nie.

Lees volledige hoofstuk Job 28