Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27:8-14 Bybel vir Almal (ABA)

8. Want die mens wat nie vir God wil dien nie,kan nie hoop dat dit goed sal gaanwanneer hy moet sterf nie,hy kan niks hoop wanneer God homlaat sterf nie.

9. God sal nie luisterwanneer dit sleg begin gaanmet daardie mens,en wanneer hy skree en vradat God hom moet red nie.

10. Die mens wat nie vir God wil dien nie,hou nie van die Almagtige nieen hy bid nooit tot Hom nie.”

11. “Ek wil vir julle leer wat God kan doen,ek wil vir julle reguit sê wat Hy besluit het.

12. Julle weet dit, julle almal het dit self gesien.Daarom, hoekom hou julle aan om nonsens te praat?”

13. “Ek sal vir julle sê wat God besluit het,ek sal vir julle sê wat sal gebeurmet die mense wat verkeerd doen.Dit is wat die Almagtige sal doenaan die mense wat altydvir ander mense wil seermaaken doodmaak:

14. Hulle sal miskien baie seuns kry,maar die seuns sal nooit genoeg kos hêom te eet nie en hulle sal in oorlog sterf.

Lees volledige hoofstuk Job 27